43. ANDER MAN SE AGTERPLAAS

In ‘n Ander Man se Agterplaas
9.11.23

VIR MY MAN ! Dàar’s nou ‘n MAN!

In i’n ander man se agterplaas

kronkel-pad ons wild

Deur rooi-sand kinkels… nog i’n bult

Lei die spore ons soms ongewild

Witstof, stof-voetspore

trap diep-duike in die sand

‘N merk gemaak,… ‘k was vlusies hier,

alvorens wel-vergete, ons by ruskant neer gaan lê

Stof is jy mens, en tot stof is jy hierna-mals.

benoud lê ‘niet’ en ‘nuut’, dan sy aan sy

Maar nou en hier, in hierdie uur…

‘Leef-die-Lewe’, steeds verblyd!

Lang skaduwees rek oor die sandpad traag

van Oos na Wes trek die Son sy snaar –

Sleep Hy die Lig, Sy strepe mee

Dis moi hoe die Lig hom wis bekeer

I’n swart volstruis strek sy vlerke wyd

die koel bries vang waar die hitte knyp

Een ander skop i‘n stofwolk op

lê diep genessel in sy stofbad-pot

Wind’ waai die grasrietjies dwars gevleg

Wit-gepunt staan hul strepies in die wind

Winde waai die hempie plat gedruk

Daar is i’n MAN op die land…, een Man wat bid

Die grond smeek vir i‘n druppel reën

die vore lê moeg en lank gesny

Die saad wag gretig droog indie skuur…

afwagtend vir die goeie-grond se uur

As i’n man se perd, styf-sit hier onder hom

het die lewe weer i‘n lied (by)gekry

Daars i’n vuur wat hoog-brand in sy binnekas

“Hier moet i‘n man nou boer!”

Die reën het geval! Horison-hoop!

Diep-en-wyd het Hy nat gemaak

Die goeie-grond se uur is hier

Kyk! Sy hierna-mals kos Hom baie duur

Met ploeg en skaar lê die saad in die grond,

die aarde ruk-n-bewe hier onder rond

Die oes lê ryp… die oes is af…

Diè man het grond… groot geboer!

Stof is jy mens! En tot stof is jy hierna-mals

Kyk hoe trek die stof soos mis

Die stof weeg lig, dit vlug vooruit…

Want stof…

is lig!

-o-o-o-o-o-

Dankie, my man, … dankie pa… !

Vir alles wat jy doen en vir wie jy is voor en in Hom!

Alna@T
09/11/2023

Woordlys:

Ongewild – op en af
Vergete – die dood
Ruskant – ewigheid
Lig/Son – Christus
Nuut – hiernamals
Niet – hier en nou, die tydelike
Goeie -grond – in die Bybel se idioom van saad wat val op goeie grond
Stof – die mens se nietigheid in die ewigheids konteks

Ploeg en skaar – Christus het gelei om Sy Woord se saad na ons te bring

42. Ongenaakbare Lewe Genaakbare Genade

I ODE aan die God van Lewe!

ONGENAAKBARE LEWE GENAAKBARE GENADE

Die barre landskap lê dor en rooi,
wyd-voor, uitgestrek
Bitter droog gesuig… en leeg
‘I Ieder korrel sand

Rooi, wit-oranje… dale en duine
rol soos ligjare in suksessie vooruit
Oënskynlik is alles dood
Daar is niks lewe – die lewe is dood

Wit beendere… wig skoon en swaar op die sand
Nog ‘n geraamte kyk met hol oë terug na my
Ongenaakbare lewe
Waar is die lewe?
Sien JY,… lewe hier?

Net i sandkorrel tussen…IN die Saad;
Saad, tussen… die sand
Kyk! – hier ìs Saad!
Hier is nog Lewe!

Alleen skuif die duine in
langs mekaar se sy
Die stilte dreun verdowend voort
– afwagtend die eerste plof van ‘n reën

Ongenaakbare lewe

– ek het oorleef!

Genaakbare genade.

Ek leef nog!

Ek leef steeds!

Alna@T
18.10.23

17. ‘N TEMPEL GEDIG

TEMPEL

Matt 24:1-4

HERE! HERE! MY HERE!

RAAP MY OP TOT HOOG DAAR BO BY U

TOT IN U TROONKAMER-KNIEL

LAAT MY SIT OP VLERKE

VAN LIEFDE EN GENADE-GUNS.

LAAT MY SKUIL IN DIE NAAM, BO-AL-DIE-NAME

U BESKERMING VIND EN RUS…

SOOS EK VERTOEF IN HEILIGE TEENWOORDIGHEID

‘n VADER SE SOETE SUS.

HOU MY VAS TEEN DIE BORS VAN U GEREGTIGHEID

OMVOU MY MET DIE VUURGLOED VAN U GLORIE

LAAT DIE PUT VAN WAARHEID WAT LEWE GEE

MY SIEL VERKWIK EN HEEL.

LES MY DORS VANUIT DIE FONTEIN

VAN U LEWENDE-WATER, GEES

VOED MY ONVERMOë MET U VERKWIKKENDE WOORD-

DIE LEWENDE WOORD, MY DAAGLIKSE MANNA-BROOD.

LAAT DIE STENE VAN MY TEMPEL-MENS

VASSTAAN OP DIE FONDASIE VAN DIE CHRISTUS-OFFER-GAWE:

VERGIFNIS, VERGEWE

VRYSPRAAK EN OORVLOED LEWE.

OPSTAAN-OORWINNING

GENADE, ONBESKRYFLIK GROOT

MAG DIE WIT-GEPLEISTERDE MURE

VERBROKKEL TOT WEER NET STOF IN BROOD

DIE KLIP OP KLIP VAN TEMPEL-GLORIE

TOT NIET VERKLAAR, ‘n POF

– IN 3 DAE ‘GEBREEK!

EK NET MENS OOK SO IN NIETIGE NOOD.

SAL U DAN, O, GROOT MEESTERBOUER

GROOT POTTEBAKKER-HEER

WEER OPNEEM DIE KLEI van ADAM-STOF & WATER

IETS HEILIGS MAAK, IN GEES DAARBY VERMEER.

ALLES KOM SAAMVOEG, FYN MAAL EN SKAAF,

BREEK & VORM, DEURGAANS VERGEEF

DIT DAN OMVOU, BOU… AANHOU BLY WEEF

OM IETS MOOIS TE MAAK – BLY LEEF!

VIR U VAN NUT & WAARDE.

MOOI – NA U BEELD GESKAPE!

UIT U HART SE SKEPPING-S-WENS

U SE MENS – VAN MURG EN BEEN EN U SE GEES

Alna Terblanche    16/6/10