In Jerusalem hoor ek U hart se klop,
Maar in Afrika Wil ek U Voete Was
Met my Trane, Olie & Geween
Tussen versugting en gebed verdeel
Want ‘n Land Gaan Sterf
N Nasie Gaan Val,
As die Heer dit nie Kom Heel
‘N Volk gaan ophou bestaan
Sonder verlossing, gebed en vermaan
Vanuit sagte harte oorgegee
Aan slegs die Een Wat waarlik kan kom red
U Voete, Heer; … U Voetstappe
Moet Afrika weer Kom betree
Soos U Hart & Hande Jerusalem Streel
U Bloed die straat-n-weè genade-guns verleen
Hier In Afrika Gaan ons Nog Baie Huil
Maar, U Arm Is Nie te Kort
Om Vanuit Die Goue Stad – die Nuwe Jerusalem
Ons Gebede te Verhoor
U Kragtig tot ons Heil te Kom
Uit Stof en Sonde te Laat Verrys
Weer Op te Staan – Opnuut
Vanuit Zion’s Bloed Vir ons Bewys
In Afrika lê daar grote nood
Die vlees gebind in sonde dood
Maar in Jerusalem het ek i Lig gesien
Sy voete gaan weer daar loop
Die Goue hek wel steeds gesluit
Maar Sy lig gaan verseker weer daar skyn
Jerusalem, O, Jerusalem,
Ken jy die Een wat oor jou ween?
Sal jy erken, jou sonde las
Is reeds in Sy Bloed skoon gewas?