68. In Jerusalem Hoor Ek U Hart Se Klop

In Jerusalem hoor ek U hart se klop,
Maar in Afrika wil ek U voete was
Met my Trane, Olie & Geween
Tussen versugting en gebed verdeel

Want ‘n Land gaan sterf
N Nasie gaan val,
As die Heer dit nie kom heel

‘N Volk gaan ophou om te bestaan
Sonder verlossing, gebed en vermaan
Vanuit sagte harte oorgegee
Aan slegs die Een wat waarlik heel kan maak

U Voete, Heer; … U Voetstappe
Moet Afrika weer kom betree
Soos U Hart & Hande Jerusalem streel
U Bloed die straat-n-weè genade-guns bedeel

Hier in Afrika gaan ons nog bitterlik ween
Maar, U Arm is nie te kort
Om vanuit Die Goue Stad – die Nu Jerusalem
Ons gebede U oor te verleen

U Kragtig tot ons Heil te kom
Uit Stof en Sonde te laat Verrys
Weer Op te Staan – Opnuut
Vanuit Zion’s Bloed vir ons Bewys

In Afrika lê daar grote nood
Die vlees gebind in sonde dood
Maar in Jerusalem het ek i Lig gesien

Sy voete gaan weer daar loop

Die Goue hek wel steeds gesluit
Maar Sy lig gaan verseker weer daar verskyn

Jerusalem, O, Jerusalem,

Ken jy die Een wat oor jou ween?

Sal jy erken, jou sonde las

Is reeds in Sy Bloed skoon gewas?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *