42. Ongenaakbare Lewe Genaakbare Genade

I ODE aan die God van Lewe!

ONGENAAKBARE LEWE GENAAKBARE GENADE

Die barre landskap lê dor en rooi,
wyd-voor, uitgestrek
Bitter droog gesuig… en leeg
‘I Ieder korrel sand

Rooi, wit-oranje… dale en duine
rol soos ligjare in suksessie vooruit
Oënskynlik is alles dood
Daar is niks lewe – die lewe is dood

Wit beendere… wig skoon en swaar op die sand
Nog ‘n geraamte kyk met hol oë terug na my
Ongenaakbare lewe
Waar is die lewe?
Sien JY,… lewe hier?

Net i sandkorrel tussen…IN die Saad;
Saad, tussen… die sand
Kyk! – hier ìs Saad!
Hier is nog Lewe!

Alleen skuif die duine in
langs mekaar se sy
Die stilte dreun verdowend voort
– afwagtend die eerste plof van ‘n reën

Ongenaakbare lewe

– ek het oorleef!

Genaakbare genade.

Ek leef nog!

Ek leef steeds!

Alna@T
18.10.23

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *