POETRY / POËSIE – Gedigte uit Broer & Suster’s Pen

Poems From the Pen of – Brother & Sister

This Blog Page contains an Index of POETRY from the free flow of personal POEMS, REFLECTION & WRITINGS as well as from family members in both English & Afrikaans languages.

Hierdie Bladsy bevat i kombinasie van gedigte, poesie en oordenkinge wat deur myself en my broer, BANIE van Heerden, onderskeidelik deur die jare geskryf is.

DANKIE, my broer, vir die wonderlike en kragtige inspirasie wat jy vir my is. Jou liefde vir die Here wat my op 12 jaar oud begelei het om my ewige Verlosser te ontmoet. Ek eer die Here vir jou lewe wat deur baie dorslande en stofpaaie nogsteeds koers gehou het na net een bestemming – Die Groot Leermeester se Boek.

\/ Click on the link below to feast on a bouquet of poems, poetry & writings through my personal reflection. \/ Klik op die konneksie lyn hieronder om i fees van my hartsgedigte saam met my te kan geniet.

https://kairoslife.co.za/category/poetry

BANIE se Gedigte (hier onder gelys) :

Dorsland Boom – Deur : Banie van Heerden

O!, wilde ongeskonde, enig dorsland boom;
daar’s vrae wat in my eie woestyn-hart woon,
vanwaar’s jy so uniek geskep, jou ruwe stam gegroei,
uit watter kleine saad het jy ontkiem, stil gebloei ?

Sal jy met my praat vertel in jou taal volmaak,
van veervolk diertjies wat in jou nessies sou maak,
die skuil-diere wat in jou skadus mog vertoon,
van brande,storms, stiltes wat jou verlede bewoon?

Hoeveel seisoene al het jy so alleen bly staan,
hoe diep drink jy vog teen droogtes te bestaan,
dag-vir-dag in diep-diep sande te bly groei,
as warm-droë winde deur jou bo-bos takke loei ?

Is jy dan sterker as mense in klinkersteen huise,
waar saad en lewe vinnig is aan’d verdwyne,
wat nooit jou stille rus-koeltes sal smaak,
jou stem sal hoor, blare geritsel, as aandwind ontwaak?

Daar’s geen swerwer-jagters meer;
wat onder die nag se donker karos,
dig teen jou stam langs ń vuurtjie –
sal slaap, ń ashopie laat,
sal jy maar alleen,
in die Dorsland ,
ook vir my ,
bly waak ?

BB 30Maart 2025
Vir Guido
Uit : “Trados van die Duine”
PJ Schoeman ,
Oktober 1966

Dieper verduideliking van “Dorsland Boom” gedig !

Die Boemans sê die God wat hul aanbid is Abu-itse , die groot sonvader , (Abu ..Abba) en sy seun , Nanumatse!

Die gediggi is geskryf in eenvoud soos hul kinderlike en opregte geloof in ‘sonvader’ se goedheid !

Nanumatse is die god wat “op sy wit maanhaarperd voor die wit reënwolke uitry !
Dit het my hart geraak !
Sal as ek dan volgende April Kalahari toe gaan… en na Boesmans gaan soek om hulle te bedien met die “goeie nuus” !!!
Vader se natuur kinders wat glo dat ‘n man net kan besit wat hy saam met hom kan dra !

Hulle ken elke boom as bosbaken met sy eie karakter en vorm en as hulle die pad vir mekaar verduidelik dan is dit van boom tot boom as rigting wysers soos wat ons straat en plekname ken !
Eendag moet jy PJ Schoeman se boek van Trados lees, as jy wil
Vertel jou maar net !
Bless@Boet

Die Testament – Banie van Heerden

Die laaste kluite op die houtkis geklink- geklap ,
laaste trane oor nat wange skaars droog ,
laaste woorde van bemoediging hang nog in die lug ,
slotgebed se klanke nog hoorbaar versag !

Die brief van wense voorgelees aan mense ,
oop testament in eksekkuteers hande ,
doodse stilte heers vol stille afwagting ,
hande saam gevou , geboë hoofde in ware agting !

Kind staar na kind, broer na broer, iemand snik ,
die bitterlike-bitter onreg blatant ,
wense wat nie pas by mense verwagting ,
rou leemtes oopgelaat , ń testament verkragting!

Waar’s al die rykdom , die eiendomme dan heen ,
die een kry amper alles, erf die ander dan geen ?
goudmunte in die kluis, geslypde sakkies diamante ,
miloene se note pakkies, toegebind met linte !

Liefde maak plek vir bitter-bitter haat,
dit lees jy op elk verontreg, verwronge gelaat ,
goeg met kwaad vervang op die daad ,
blitsend oë, staalkoud harte, woedend kwaad !

Hebsugtiges wat onderlangs jaloers staar ,
woorde soos swaardsteke val , sny rou wonde oop ,
drome lê verpletterd wat swerfgeld sou koop ,
vertrapde geknakde laas’t strooihalmpie hoop !

Met jou ons moeder sal ons nooit weer praat ,
selfs jou ex en stiefkroos het iets gekry ,
net jou eie kinders moet hiervandaan leë hande wegry ,
harte lê vergruis , o die wrede-wrede daad !

Buite op die grafgrond begin druppels val ,
soos trane van ń Vader uit hemelsolders drup ,
waar geen roes verniel, diewe steel en inbreek ,
waar sommiges se hart-skatte lê weggesteek !

Een ding kom jy kort , het die Meester gesê ,
het jy als verkoop, verdeel, aan armes weggegee ?
naak het jy hier opgedaag , doeke moes jy dra ,
al lê jy in jou kis in snyerspak uitgedos !

Die dwase rykman met droë tong in die doderyk ,
Lasarus deur engele na Abraham’s boesem gedra ,
sien jy nie die gapend onoorbrugbaar afgrond ,
die lig van die Morester, die ewig morestond ?

Die graf lê en wag ;
die nakende dag ,
is jy reg gekleed ,
net jy sal weet ?

OB. 07/09/2025
Uit : The Christian’s Survival Kit

Ewige Herder – Banie van Heerden

Die Ewige Herder met reddend Lamed staf ;
het my verlore skaap,
kom soek, gevind,
beangs skandbevlek en vêr weggedwaal;
my opgetel op sy skouer sorgsaam gedra,
terug na sy kudde veilig na vrede en rus !

Ter wille van sy Naam het Hy my herstel,
met sy herderstok my beskerm , bewaak,
sy staf het my terug-getrek weg van gevaar,
wat skuil in die dal van doodskaduwee !

In my vyande se aangesig wat my wou stenig,
het Hy vir my n feesmaal voorberei,
my hoof gesalf met olie, my beker oorlopens volgeskink,
niks het my meer ontbreek nie als;
weer eervol herstel, als is wel !

Sy Goedheid en Guns is oor my uitgegiet,
In sy teenwoordigheid vas gevestig ,
tot in lengte van dae ,
waar ek ewig sal bly , vertoef ;
oor my as gevonde skaap ,
gaan dit niet alleen ,
maar in esensie,
oor die Eer van sy Naam !

BB. 16 Maart 2025)

1 Pet 2:25
Ps 23
Jes 56:8 , 49:10
Ps 119:176
Deut 21:18-21
Joh 10:2-4
Eseg 34:5-16
Jer 50:6; 23:10;31:10
Op 5:6-13

Lamed ;
Die Hebreeuse letter , die “L” in Elohiym in Gen 1:1 ; “In die begin het God (Elohiym)…..,

“shepperd staff of might “

Dors en Leeg – Banie van Heerden

Sterf nie jonk;
sterf nie oud ;
maar sterwe tog dors en leeg !

Beroof die kerkhof van sy skatte,
wat lê in grafte ondergronds veroud,
van sy roem op rykdom in kiste,
skatte opgegaar van lewensgoud !

Sterf as dankoffer leeg uitgegiet,
ontledig van gawes, al tien talente,
van drome-visies, passie en liefde,
ń vervulde lewe uit tyd jou gebied !

Sterf nie sieklik ;
sterf nie gesond ;
maar sterwe tog dors en leeg !

Is daar nog liedere wat jy wou sing ,
verhale wat jy die wereld wou bring,
boeke ongeskrewe,
onvoltooide komposisies;
ń sielsbeminde vriend wat jy kon kies ?

Sterf nie arm ;
sterf nie ryk ;
maar sterwe tog dors en leeg !

Dien in jou grondeis nog vandag,
op grafplaas vrugbaar grond,
die toekoms lê nie voor jou en wag,
maar soos saad in jou binneste rond !

Sterf nie eensaam ;
sterf nie bemind ;
maar sterwe tog net ,
dors en leeg !

Die stryd gestry ;
die wedloop voltooi ,
Geloof en Hoop,
die Liefde behou !

Eendag !
met jou laaste asem,
Sal jy dan ook kon sê ;

Dit is volbring ;
Ek het dors !

BB. 22/11/2014
Joh 19: 28-30
2 Tim 4:6,7
Luk 19: 12-26
Matt 25:14-30

Uit Miles Munroe se laaste boodskap !
In Mei 2014 het hy en sy hele gesin in ń vliegongeluk omgekom !

Uit die oorloë van my pynlik verlede verhaal,
wag ń groot gevaar onder onstuimig oppervlak,
van my golwend lewensoseaan buite sig verskans !

Onsigbaar geankerde drywende seemyne roesbestand,
wat wag om my vaartuie onverhoeds te tref,
tot wrakstukke oop te skeur na bodemlaag te sink !

Onverwags wyl ek deur mooiweer dae vaar,
tref my boeg die nog lewendige bol dinamiet,
en vergaan nog een van my lewensvloot skepe!

Soos wrede water – monsters uit die see se oop graf,
wat vernietigend pyn en dood bewerk,
is daar geen ander uitweg om eerbaar te sterf ?

Wie sal die myne onskadelik stel, ontlont ?
my van helder sig-onder-water voorsien?
dat die blinde kolle tot sigbaar beelde kom !

Daar is mos ń Redder wat op golwe kan loop,
wat als onderwater sien, visse in nette ophoop,
Hy wat ankertoue verbreek, myne na bodem kan stuur !

Hy is die mens-oseaan se Groot Skeepskaptein,
wat eens in die storm op ń bootjie sou slaap,
die Stuurman van my..
enigste nog drywende skip !

OB. 10/02/2025
Uit “Blasts from the Past”

Jy staan al so lank stil in my graan land,
waar ek jou saamge- flans het, net daar alleen geplant,
van ogiesdraad en strooi, my ou hoed en baadjie aan,
ń sentinel op pos wat dag en nag wag sou staan !

Teen berowing, be-proewing was jy my stille krag,
so het ek gedog-ge-dink van jou hopelik verwag,
dat jy in my plek getrou sou wag en waak ,
sodat ek rustig kon leef, in vrede stil kon slaap !

Jy moes my oorvloed oeste , sukses verse-ker,
vir my welvaart, voor-spoed was jy die be- werker,
dit sou my weinig kos
om jou te onderhou,
geen tyd, moeite-ge-duld, jy was dood- getrou !

Nou-en-dan het jy ń nuwe-ou jas gekry,
of was jy effe verplant na ń ander ry,
met nuwe aangesig-gedaante, stok in die hand,
ape,bobbejane te ver-skrik aan berg, rivier se kant !

Tot op die dag….wat ek in skade-skande sou ontdek,
dat’k eerder n kruis in
jou plek moes plant,
daar self in my oes-land moet waak-en-werk,
jou strooi en fodde gewaad tot fyn as moet verbrand !

My eie graf daarneffens;
in sy skadu reserveer,
dig teen die bloed-hout,
die lewe-leed trotseer !

BB. 19/01/2025
Vir my Vriend Louis

Nu-Jubbeljaar ( Drie Kwatryne) – Banie van Heerden

In die vlietend laaste snikke van die oue-jaar,
kom soos kalwers wat op velde uitbundig baljaar,
trippe-trappe-trone op die nuwe weide van die skone nu-genade skenkjaar.

In die sonsak-stilte se laast strale bewaar,
soos lammers huppe-
lend in krale vergaar,
Woerts-warts-wippende op groenig kweke in ope vry ruimtes van die nu-jubbeljaar.

Onder Herders-staf, sorgsaam oog geskaar,
soos kinders wat die onwankelbare-koms gewaar,
spelende-dansend-singende deur poorte vir die ewig vrede-rus nu-bewaar.

BB. 31 Des 2024