Poems From the Pen of – Brother & Sister
Hierdie Bladsy bevat i kombinasie van gedigte, poësie en oordenkinge wat deur myself en my broer, BANIE van Heerden, onderskeidelik deur die jare geskryf is.
This Blog Page contains an Index of POETRY from the free flow of personal POEMS, REFLECTION & WRITINGS as well as from family members in both English & Afrikaans languages.
DANKIE, my broer, vir die wonderlike en kragtige inspirasie wat jy vir my is. Jou liefde vir die Here wat my op 12 jaar oud begelei het om my ewige Verlosser te ontmoet. Ek eer die Here vir jou lewe wat deur baie dorslande en stofpaaie nogsteeds koers gehou het na net een bestemming – Die Groot Leermeester se Boek.
\/ Click on the link below to feast on a bouquet of poems, poetry & writings through my personal reflection. \/ Klik op die konneksie lyn hieronder om i fees van my hartsgedigte saam met my te kan geniet.
https://kairoslife.co.za/category/poetry
BANIE se Gedigte (hier onder gelys) :

Die Bloed en die Gifboom – BANIE – Barend I.J. van Heerden
As julle van die boom van kennis sou eet ;
soos God alles van goed en kwaad te weet,
sal jul sekerlik van Hom geskei, ewig sterwe,
nooit die ewige lewe , God’s vrede-rus beërwe !
Die gifboom-gif maak menseharte, koud en hard,
geen liefdesvuur, net duister kole van gloeiend smart,
selfmisleiding indringing, godsdienstig werke verskyning,
God’s wysheid, sy teenwoordigheids verdwyning!
Sy woorde bevraagteken, geen duiwel aanbidding ;
van God na self ingekeer, sy waarskuwing betwyfel,
selfredding sonder sterwe, harts tranformasie,
geen vertroue op Hom, afhanklikheid tot bevryding!
In die skadus van heiligheid, skuilend te lewe,
geen lewensvrugte, geen heiligheids strewe,
Selfbewarings praktyke, naak ontbloot gewete,
persoonlik keuses, bo God’s heilig beterwete !
Trotse selfbeheer pogings, reëls vir oorlewing,
mense agter kennis verskuil, dit vir wysheid verruil ,
self wat self vernietig, selfdrange te bevredig !
Twee dimensies van bestaan, sy karakter verstaan,
tussen God en mens , valse ooreenkoms begaan ,
vesting van selfbestaan, waar sonde ontstaan,
die tempelkamers, besoedeld daar staan !
Net een keuse sal voldoen;
self te kruisig, te verloën,
sy Vaderhart omhels,
in sy boesem skuil,
velig verskans !
OB: 9 Februarie 2026
Uit Louis se boodskap ;
“Eating from the wrong tree”
“The use of blood part five”
Bloed en Restorasie – BANIE – Barend I.J. van Heerden
O die bloed, die bloed van skone restorasie,
verbreking van die koue ewig skeiding issolasie,
sy werking in die harte van ń sondig generasie,
God’s voorsiening, wysheid, koms van sy genade -grasie!
O die lewe, die lewe vrylating, die reddingsboei,
uit sy liggaam vir elke mens, rooi druppels gebloei,
van Eden tot tempel, terug by die Vader’s hart,
die geskeurde gordyn, verdwyning van skeiding smart!
Die wassing van sy blyplek -woning,lig-gaam van mense,
waar sy Gees vertoef in skone heilig vlees tempels,
duur gekoop tot sy verheerliking,ewig blywend vreugde,
aan Hom slegs behoord as nuut geskape skepsels!
God’s wonderbaar herskepping, silwer skone reiniging,
nuwe verbondsver- seëling, ewig nuut bedeling,
sy teenwoordigheid, by mense ewig tabernakel,
as bloed van restorasie, sy tempel wonings versamel !
Die Woord se vleeswording ;
sy heerlikheids openbaring,
Lewe en Lig se bekroning ,
sy skoongewasde ontsondig woning !
OB :19 Januarie 2026
Uit Louis se boodskap ; “Use of Blood” – Part two
Gevange Vlinders – BANIE – Barend I.J. van Heerden
( ń Sonet)
Die dae en ure lê toegespin, in ń harde koekon ,
geslote papie-selle met digte wande daarom,
vlugtige vlerke soos swaels onder die son,
swiepend sekondes , so gou tot stilstand gekom !
Die geheimenis van stille, stomme wesens,
stemloos stilswye, woordloos verwagting,
gebonde tyd kapsules, verborge lewens,
ontwakend skoonheid se stille verskansing !
Skuil daar tog slapend-gevange vlinders in hul dop,
wonderbaar afwagtend, na nuwe uitkoms soek ,
sal daar weer lewe uit duister dood ontpop , soos nuwe skepsels, opgeskryf in Sy Boek ?
O kyk , môre breek die nu-jaar sonstrale,
môrester glans op kleurvol fladder-vlerke ,
soos wonderwesens uit God se ewig verhale ,
in vrye hoë vlug, teen die blou hemel hoeke !
BB
31 Desember 2025
Psalm 16:1-11
Vlinders en tyd as metafore van mense siele !
God se Weegskaal – Banie (Barend I.J.) van Heerden
Wat wig, wat weeg op God’s ewig skaal ;
watter gewig sal die assie van ewewig afswaai ,
van balans, waggelend vir ewig laat draai ,
as Hy sy hand daarvan af sou haal !
Is als van God slegs een-een gewig ;
is daar twee kante van sy aangesig ,
weeg sy heilig berou en oordeel gesag ,
teenoor sy liefde-genade, wat ewig wag?
Geeneen is die ligste of die swaarste ,
net een gewig , tydelik of ewig ,
vir korte duur of vir altyd opgelig,
een vir n oomblik, ander soos hemel bo aarde !
Een op aarde bestem, ander bo uit die hemel ,
wat oordeel of sy genade bring, bestem,
waar geen tyd aan sy goedheid rem,
oor mens en skepping wat op aarde wemel !
Een heel Vaderhart in twee soorte gewig;
Een God en heilig wese, net aan Homself verplig ,
geen mag kan sy siel versny of kloof ,
net Een is Hy wat als gewigtig beloof !
Daar’s geen ander Gog buiten My ;
wat mens en skepping ewig kan bevry,
buiten My is geen uitkoms, uitweg nie ,
geen toegang sonder die weg, waarheid, lewe nie !
Laat vaar, laat los die vals onseker skaal ;
wat mense uit aardse verhale haal ,
as hul God verdeel en half-half weeg ,
Hom skuif soos dit pas half vol of half leeg !
Eendag sal ons sien , aanskou. verstaan ;
as sy ewige stad in glorie daar staan ,
ons deur Sion se twaalf poorte gaan ,
die boom van die lewe daar opstaan !
Weeg dan maar eerder;
op God’s weegskaal ,
die tydelik en ewige saam ,
voel die gewig ,
swaar of lig ,
wat ewige dood ,
se krag verbreek ,
laat swig ,verslaan,
van mense skouers,
aflig !
BB 06/12/2025
Opgedra aan die Broederskap
Jes 46:9-11
Jes 54:1-8
Jes 56:15-19
Jer 23:19-24
Rom 8:18-25
Op 21:12,27
Op 22:13,14
Dorsland Boom – Deur : Banie van Heerden
O!, wilde ongeskonde, enig dorsland boom;
daar’s vrae wat in my eie woestyn-hart woon,
vanwaar’s jy so uniek geskep, jou ruwe stam gegroei,
uit watter kleine saad het jy ontkiem, stil gebloei ?
Sal jy met my praat vertel in jou taal volmaak,
van veervolk diertjies wat in jou nessies sou maak,
die skuil-diere wat in jou skadus mog vertoon,
van brande,storms, stiltes wat jou verlede bewoon?
Hoeveel seisoene al het jy so alleen bly staan,
hoe diep drink jy vog teen droogtes te bestaan,
dag-vir-dag in diep-diep sande te bly groei,
as warm-droë winde deur jou bo-bos takke loei ?
Is jy dan sterker as mense in klinkersteen huise,
waar saad en lewe vinnig is aan’d verdwyne,
wat nooit jou stille rus-koeltes sal smaak,
jou stem sal hoor, blare geritsel, as aandwind ontwaak?
Daar’s geen swerwer-jagters meer;
wat onder die nag se donker karos,
dig teen jou stam langs ń vuurtjie –
sal slaap, ń ashopie laat,
sal jy maar alleen,
in die Dorsland ,
ook vir my ,
bly waak ?
BB 30Maart 2025
Vir Guido
Uit : “Trados van die Duine”
PJ Schoeman ,
Oktober 1966
Dieper verduideliking van “Dorsland Boom” gedig !
Die Boemans sê die God wat hul aanbid is Abu-itse , die groot sonvader , (Abu ..Abba) en sy seun , Nanumatse!
Die gediggi is geskryf in eenvoud soos hul kinderlike en opregte geloof in ‘sonvader’ se goedheid !
Nanumatse is die god wat “op sy wit maanhaarperd voor die wit reënwolke uitry !
Dit het my hart geraak !
Sal as ek dan volgende April Kalahari toe gaan… en na Boesmans gaan soek om hulle te bedien met die “goeie nuus” !!!
Vader se natuur kinders wat glo dat ‘n man net kan besit wat hy saam met hom kan dra !
Hulle ken elke boom as bosbaken met sy eie karakter en vorm en as hulle die pad vir mekaar verduidelik dan is dit van boom tot boom as rigting wysers soos wat ons straat en plekname ken !
Eendag moet jy PJ Schoeman se boek van Trados lees, as jy wil
Vertel jou maar net !
Bless@Boet
Die Testament – Banie van Heerden
Die laaste kluite op die houtkis geklink- geklap ,
laaste trane oor nat wange skaars droog ,
laaste woorde van bemoediging hang nog in die lug ,
slotgebed se klanke nog hoorbaar versag !
Die brief van wense voorgelees aan mense ,
oop testament in eksekkuteers hande ,
doodse stilte heers vol stille afwagting ,
hande saam gevou , geboë hoofde in ware agting !
Kind staar na kind, broer na broer, iemand snik ,
die bitterlike-bitter onreg blatant ,
wense wat nie pas by mense verwagting ,
rou leemtes oopgelaat , ń testament verkragting!
Waar’s al die rykdom , die eiendomme dan heen ,
die een kry amper alles, erf die ander dan geen ?
goudmunte in die kluis, geslypde sakkies diamante ,
miloene se note pakkies, toegebind met linte !
Liefde maak plek vir bitter-bitter haat,
dit lees jy op elk verontreg, verwronge gelaat ,
goeg met kwaad vervang op die daad ,
blitsend oë, staalkoud harte, woedend kwaad !
Hebsugtiges wat onderlangs jaloers staar ,
woorde soos swaardsteke val , sny rou wonde oop ,
drome lê verpletterd wat swerfgeld sou koop ,
vertrapde geknakde laas’t strooihalmpie hoop !
Met jou ons moeder sal ons nooit weer praat ,
selfs jou ex en stiefkroos het iets gekry ,
net jou eie kinders moet hiervandaan leë hande wegry ,
harte lê vergruis , o die wrede-wrede daad !
Buite op die grafgrond begin druppels val ,
soos trane van ń Vader uit hemelsolders drup ,
waar geen roes verniel, diewe steel en inbreek ,
waar sommiges se hart-skatte lê weggesteek !
Een ding kom jy kort , het die Meester gesê ,
het jy als verkoop, verdeel, aan armes weggegee ?
naak het jy hier opgedaag , doeke moes jy dra ,
al lê jy in jou kis in snyerspak uitgedos !
Die dwase rykman met droë tong in die doderyk ,
Lasarus deur engele na Abraham’s boesem gedra ,
sien jy nie die gapend onoorbrugbaar afgrond ,
die lig van die Morester, die ewig morestond ?
Die graf lê en wag ;
die nakende dag ,
is jy reg gekleed ,
net jy sal weet ?
OB. 07/09/2025
Uit : The Christian’s Survival Kit
Ewige Herder – Banie van Heerden
Die Ewige Herder met reddend Lamed staf ;
het my verlore skaap,
kom soek, gevind,
beangs skandbevlek en vêr weggedwaal;
my opgetel op sy skouer sorgsaam gedra,
terug na sy kudde veilig na vrede en rus !
Ter wille van sy Naam het Hy my herstel,
met sy herderstok my beskerm , bewaak,
sy staf het my terug-getrek weg van gevaar,
wat skuil in die dal van doodskaduwee !
In my vyande se aangesig wat my wou stenig,
het Hy vir my n feesmaal voorberei,
my hoof gesalf met olie, my beker oorlopens volgeskink,
niks het my meer ontbreek nie als;
weer eervol herstel, als is wel !
Sy Goedheid en Guns is oor my uitgegiet,
In sy teenwoordigheid vas gevestig ,
tot in lengte van dae ,
waar ek ewig sal bly , vertoef ;
oor my as gevonde skaap ,
gaan dit niet alleen ,
maar in esensie,
oor die Eer van sy Naam !
BB. 16 Maart 2025)
1 Pet 2:25
Ps 23
Jes 56:8 , 49:10
Ps 119:176
Deut 21:18-21
Joh 10:2-4
Eseg 34:5-16
Jer 50:6; 23:10;31:10
Op 5:6-13
Lamed ;
Die Hebreeuse letter , die “L” in Elohiym in Gen 1:1 ; “In die begin het God (Elohiym)…..,
“shepperd staff of might “
Dors en Leeg – Banie van Heerden
Sterf nie jonk;
sterf nie oud ;
maar sterwe tog dors en leeg !
Beroof die kerkhof van sy skatte,
wat lê in grafte ondergronds veroud,
van sy roem op rykdom in kiste,
skatte opgegaar van lewensgoud !
Sterf as dankoffer leeg uitgegiet,
ontledig van gawes, al tien talente,
van drome-visies, passie en liefde,
ń vervulde lewe uit tyd jou gebied !
Sterf nie sieklik ;
sterf nie gesond ;
maar sterwe tog dors en leeg !
Is daar nog liedere wat jy wou sing ,
verhale wat jy die wereld wou bring,
boeke ongeskrewe,
onvoltooide komposisies;
ń sielsbeminde vriend wat jy kon kies ?
Sterf nie arm ;
sterf nie ryk ;
maar sterwe tog dors en leeg !
Dien in jou grondeis nog vandag,
op grafplaas vrugbaar grond,
die toekoms lê nie voor jou en wag,
maar soos saad in jou binneste rond !
Sterf nie eensaam ;
sterf nie bemind ;
maar sterwe tog net ,
dors en leeg !
Die stryd gestry ;
die wedloop voltooi ,
Geloof en Hoop,
die Liefde behou !
Eendag !
met jou laaste asem,
Sal jy dan ook kon sê ;
Dit is volbring ;
Ek het dors !
BB. 22/11/2014
Joh 19: 28-30
2 Tim 4:6,7
Luk 19: 12-26
Matt 25:14-30
Uit Miles Munroe se laaste boodskap !
In Mei 2014 het hy en sy hele gesin in ń vliegongeluk omgekom !
Lewens-Oseaan – Banie van Heerden
Uit die oorloë van my pynlik verlede verhaal,
wag ń groot gevaar onder onstuimig oppervlak,
van my golwend lewensoseaan buite sig verskans !
Onsigbaar geankerde drywende seemyne roesbestand,
wat wag om my vaartuie onverhoeds te tref,
tot wrakstukke oop te skeur na bodemlaag te sink !
Onverwags wyl ek deur mooiweer dae vaar,
tref my boeg die nog lewendige bol dinamiet,
en vergaan nog een van my lewensvloot skepe!
Soos wrede water – monsters uit die see se oop graf,
wat vernietigend pyn en dood bewerk,
is daar geen ander uitweg om eerbaar te sterf ?
Wie sal die myne onskadelik stel, ontlont ?
my van helder sig-onder-water voorsien?
dat die blinde kolle tot sigbaar beelde kom !
Daar is mos ń Redder wat op golwe kan loop,
wat als onderwater sien, visse in nette ophoop,
Hy wat ankertoue verbreek, myne na bodem kan stuur !
Hy is die mens-oseaan se Groot Skeepskaptein,
wat eens in die storm op ń bootjie sou slaap,
die Stuurman van my..
enigste nog drywende skip !
OB. 10/02/2025
Uit “Blasts from the Past”
Strooi-Man – Banie van Heerden
Jy staan al so lank stil in my graan land,
waar ek jou saamge- flans het, net daar alleen geplant,
van ogiesdraad en strooi, my ou hoed en baadjie aan,
ń sentinel op pos wat dag en nag wag sou staan !
Teen berowing, be-proewing was jy my stille krag,
so het ek gedog-ge-dink van jou hopelik verwag,
dat jy in my plek getrou sou wag en waak ,
sodat ek rustig kon leef, in vrede stil kon slaap !
Jy moes my oorvloed oeste , sukses verse-ker,
vir my welvaart, voor-spoed was jy die be- werker,
dit sou my weinig kos
om jou te onderhou,
geen tyd, moeite-ge-duld, jy was dood- getrou !
Nou-en-dan het jy ń nuwe-ou jas gekry,
of was jy effe verplant na ń ander ry,
met nuwe aangesig-gedaante, stok in die hand,
ape,bobbejane te ver-skrik aan berg, rivier se kant !
Tot op die dag….wat ek in skade-skande sou ontdek,
dat’k eerder n kruis in
jou plek moes plant,
daar self in my oes-land moet waak-en-werk,
jou strooi en fodde gewaad tot fyn as moet verbrand !
My eie graf daarneffens;
in sy skadu reserveer,
dig teen die bloed-hout,
die lewe-leed trotseer !
BB. 19/01/2025
Vir my Vriend Louis
Nu-Jubbeljaar ( Drie Kwatryne) – Banie van Heerden
In die vlietend laaste snikke van die oue-jaar,
kom soos kalwers wat op velde uitbundig baljaar,
trippe-trappe-trone op die nuwe weide van die skone nu-genade skenkjaar.
In die sonsak-stilte se laast strale bewaar,
soos lammers huppe-
lend in krale vergaar,
Woerts-warts-wippende op groenig kweke in ope vry ruimtes van die nu-jubbeljaar.
Onder Herders-staf, sorgsaam oog geskaar,
soos kinders wat die onwankelbare-koms gewaar,
spelende-dansend-singende deur poorte vir die ewig vrede-rus nu-bewaar.
BB. 31 Des 2024

